Opvolgbeplanning

The importance of the independent trustee
July 27, 2015
ClemenGold
July 29, 2015

A1Die besit van ‘n besigheid vereis noukeurige opvolgbeplanning en is deel van jou boedelbeplanning, omdat jy moet bepaal wie jou gaan opvolg, of wie jou aandele gaan koop, of wie geregtig sal wees op die inkomste na jou dood.

Die toekomstige eienaarskap van jou besigheid is op die spel.

‘n Vennootskap word outomaties ontbind by die dood van ‘n vennoot en die oorblywende vennote moet dan die vennootskap ontbind en die bates onder mekaar verdeel.

In die geval van ‘n Maatskappy mag die aandeelhouers ooreenkom dat:

  1. Die oorblywende aandeelhouers ‘n reg van eerste weiering het om die oorlede aandeelhouer se aandeelhouding te koop, in teenstelling met ‘n bemaking in ‘n testament.
  2. Die toekoms van eienaarskap of aandele gereguleer kan word deur ‘n skriftelike ooreenkoms tussen aandeelhouers en word na verwys as ‘n “koop- en verkoopooreenkoms”, wat ‘n invloed het met die dood van ‘n vennoot of aandeelhouer.
  3. Die koop- en verkoopooreenkoms verplig die eksekuteur van die oorledene om die aandele aan te bied teen ‘n voorafbepaalde prys, en lewenspolisse tussen aandeelhouers onderling dek gewoonlik die koopprys. Die oorblywende aandeelhouers is verplig om te koop.
  4. Die oorblywende aandeelhouers is die begunstigdes van die lewenspolis op die lewe van die oorledene en gebruik dit om die aandele te koop, normaalweg pro rata tot die aandele wat hulle reeds besit.
  5. Koop- en verkooppolisse val buite die boedel van die oorledene en die opbrengs is nie onderhewig aan boedelbelasting nie, op voorwaarde dat die volgende drie vereistes nagekom is:
  • Geen van die premies moes betaal gewees het deur die oorledene self nie;
  • Die aandeelhouers-verhouding moet bestaan ten tye van die dood;
  • Daar moet ‘n skriftelike ooreenkoms wees.
  1. Wanneer die vaardighede en kennis van ‘n vennoot essensieel is vir die voortbestaan van die besigheid, kan “sleutelmanversekering” uitgeneem word op die lewe van sodanige aandeelhouer of vennoot. Die premies word betaal deur die besigheid en die opbrengs word betaal aan die besigheid self om finansiële verlies te voorkom of om ‘n plaasvervanger aan te stel en op te lei.

In die geval van ‘n eenmansaak behoort opvolgbeplanning in die Testament behandel te word.

  1. Die volledige waarde van die besigheid vestig in die bestorwe boedel.
  2. Beplanning is essensieel omdat die besigheid by dood termineer, alhoewel die eksekuteur dit mag verkoop as ‘n lopende saak.
  3. Dis ‘n goeie plan om ‘n reg van eerste weiering te gee aan ‘n vennoot, wat dan die besigheid en intellektuele kapitaal na die dood kan koop.
  4. ‘n Lewenspolis kan uitgeneem word waarin die eienaar se lewe verseker is, die vennoot die begunstigde is en die opbrengs by dood aangewend word om die besigheid te koop.
  5. Dit is voor die hand liggend dat beplanning die voordeel vir die boedel verhoog, in teenstelling met die sluiting van die besigheid waar die bates veel minder werd sal wees.

Deurlopende opvolgbeplanning moet deel wees van jou besigheidstrategie om te verseker dat jou harde werk die regte persone bevoordeel.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X