Alvorens die inkomste ontvang vir dienste gelewer erken kan word in die boeke van die verkoper, is daar twee belangrike kwessies wat opgelos moet word naamlik, wanneer word die inkomste erken en teen welke bedrag?
Geld wat ontvang word vir die lewering van dienste kan erken word as inkomste in die verkoper se boeke sodra die uitkoms van die transaksie betroubaar gemeet kan word. Dit vereis dat daar aan die volgende twee punte voldoen word:
Tabel 1
Indien daar enige twyfel bestaan rakende enige van die items in die eerste kolom, sal die erkenning van bedrae ten opsigte van die diensleweringstransaksie plaasvind soos uiteengesit in die tweede kolom:
Indien daar onsekerheid bestaan rakende: | Sal erkenning as volg geskied: |
Invordering van inkomste alreeds erken | Erken onkostes wat reeds aangegaan is (Geen aanpassing word gemaak aan die inkomste wat reeds erken is nie) |
Die bedrag wat moontlik nie ingevorder sal kan word nie | Erken die bedrag van uitgawes reeds aangegaan |
Tabel 2:
Sodra die vier kriteria hierbo uiteengesit betroubaar gemeet kan word, kan die erkenning van die inkomste geskied soos aangetoon in die tweede kolom hieronder. Die vlak van voltooiing kan uitgedruk word as ʼn persentasie sowel as volgens drie ander metodes wat in. die laaste drie kol punte in die tabel hieronder uiteengesit word.
Kriteria waaraan voldoen moet word: | Erkenning sal as volg plaasvind: |
Bedrag van inkomste | Erken die inkomste na gelang van die vlak van voltooiing (%) |
Kostes reeds aangegaan | |
Kostes wat nog aangegaan moet word om die diensleweringstransaksie te voltooi | |
Vlak van voltooiing van die transaksie aan die einde van die verslagleweringstydperk | |
• Indien een handeling meer beduidend as enige ander handeling is | Erken die inkomste sodra die beduidende handeling voltooi is |
• Indien daar ʼn onbekendeaantal handelinge is wat uitgevoer moet word | Erken die inkomste volgens die reguitlyn metode |
• Indien ʼn ander metode ʼn beter beraming van die vlak van voltooiing sal kan bepaal | Erken die inkomste na gelang van sodanige ander metode |
Die vier kriteria kan gewoonlik betroubaar gemeet word sodra die verkoper en die koper betrokke by die diensleweringstransaksie oor die volgende aspekte ooreengekom het:
Indien die uitkoms van ʼn diensleweringstransaksie nie betroubaar gemeet kan word nie sal die inkomste steeds in die verkoper se boeke erken word, maar slegs tot ʼn bedrag gelykstaande aan die bedrag van die uitgawes wat aangegaan en verhaalbaar is.
Omstandighede waar die uitkoms van ’n diensleweringstransaksie nie bepaal of betroubaar gemeet kan word nie, sluit in:
Bogenoemde is ʼn verkorte uiteensetting van die basiese beginsels vir die erkenning van inkomste uit die lewering van dienste. Die meer spesifieke onderwerpe rakende die erkenning van inkomste uit konstruksiekontrakte val buite die bestek van hierdie artikel. Vir meer inligting rakende die onderwerp kontak jou finansiële adviseur.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van die artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde raad. (E&OE)
Bronnelys: