Omheining van verliese (artikel 20A) vir natuurlike persone

Klein verstellings vir groter vrugtewins
August 29, 2018
The benefits of creating a trust
October 8, 2018

Artikel 20A het met ingang van 1 Maart 2004 in werking getree. Hierdie artikel handel oor die omheiningsbepalings wat verhoed dat natuurlike persone hul belasbare inkomste verminder deur verliese uit sekondêre handel te gebruik.

Artikel 20A vervang altans nie artikels 11(a) en 23(g) nie. Alle uitgawes wat nie volgens artikel 11(a) kwalifiseer nie of wat as ’n aftrekking ingevolge artikel 23(g) geweier word, sal permanent verlore gaan. Artikel 20A is dus in teenstelling met artikel 11(a) en 23(g) aangesien uitgawes nie permanent geweier word nie, maar slegs omhein word deur dit as ’n aftrekking toe te laat teen toekomstige belasbare inkomste van die primêre bedryf.

Artikel 20A(2) stel die onderstaande vereistes waarvolgens aangeslane verliese omhein sal word:

  1. Indien ’n belastingbetaler teen die maksimum belastingkoers belas word, voor inagneming van enige aangeslane verliese en balanse van vasgestelde verliese van die vorige jare van aanslag, moet onderstaande punte 2 tot 4 oorweeg word.

  1. Artikel 20A(2) vereis dat die “3-uit-5-jaar”-toets toegepas word vir 2 kategorieë nl. wildsboerdery-aktiwiteite en die handel dryf in “verdagte aktiwiteite” –

2.1 Aangeslane verliese wat ontstaan uit wildsboerdery-aktiwiteite vir 3 van die voorafgaande 5 jare kan moontlik omhein word.

2.2 Artikel 20A(2)(b) verskaf ’n lys van “verdagte aktiwiteite” en indien aangeslane verliese gegenereer word uit een van die onderstaande aktiwiteite vir ten minste 3 van die voorafgaande 5 jare sal sodanige verliese moontlik omhein word:

  • enige sportaktiwiteite beoefen deur die belastingbetaler;

  • enige handel in versamelstukke;

  • die verhuur van residensiële eiendom, tensy ten minste 80% van die akkommodasie gebruik word deur die persone wat nie verwant is aan die belastingbetaler nie, vir ten minste helfte van die jaar van aanslag;

  • die verhuur van voertuie, vliegtuie of bote soos gedefinieer in die Agtste Bylae, tensy ten minste 80% van die voertuie, vliegtuie of bote gebruik word deur nie verwante persone, vir ten minste helfte van die jaar van aanslag nie;

  • diere skou beoefen deur die belastingbetaler;

  • boedery of stoetery, tensy die belastingbetaler hierdie aktiwiteite beoefen op ’n voltydse basis;

  • enige vorm van beeldende of uitvoerende kunste beoefen deur die belastingbetaler; en

  • enige vorm van dobbelary of weddery beoefen deur die belastingbetaler.

  1. Bogenoemde bepalings is nie van toepassing in die geval waar ’n verlies gely word vir die jaar van aanslag, uit ’n bedryf wat ’n redelike kans het om ’n belasbare inkomste (uitgesluit kapitaalwins) te genereer binne ’n redelike periode en ook voldoen aan sekere kriteria soos gelys onder artikel 20A(3) nie.

  1. Alhoewel omheining vrygespring kan word onder punt 3 kan verliese steeds omhein word as daar vir ten minste 6 van die voorafgaande 10 jare verliese gely word. Die onus is dan op die belastingbetaler om die SAID te oortuig dat besigheid bedryf word met ’n redelike vooruitsig om belasbare inkomste te genereer binne ’n redelike tydberk.

Hierdie artikel is algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X