U testament – ‘n belangrike dokument

Financial assistance by companies to issue shares
March 23, 2016
Financial assistance and the Companies Act
April 25, 2016

A6Die lewe is baie onvoorspelbaar en ons adviseer graag kliënte om erns te maak om ‘n testament in plek te hê en boedelbeplanning te doen. Hieronder is redes waarom dit een van u belangrikste prioriteite behoort te wees.

 

V:  Hoekom behoort ek ‘n testament te hê?

A:  ‘n Testament stel u in staat om erfgename volgens u keuse te benoem. Indien u sonder ‘n testament (intestaat) sou sterf, sal u bates volgens die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word. Dit mag dus die gevolg hê dat persone wie u nie as erfgename sou benoem nie, voordele by u afsterwe ontvang.

V:  Wie mag u testament as getuie onderteken?

A:  Die testament moet in die teenwoordigheid van twee getuies geteken word, wat ook in die teenwoordigheid van mekaar teken. Slegs persone 14 jaar en ouer kwalifiseer om as getuies te teken. 

V:  Wat beloop Eksekuteursvergoeding?

A:  Die maksimum vergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is, word deur Wetgewing vasgestel en beloop tans 3.5% van u totale bruto boedelwaarde. Eksekuteursvergoeding behoort egter onderhandel te word met die persoon wat as Eksekuteur van u testament benoem word.

V:  Hoe gereeld behoort ek my testament te hersien?

A:  Dit word aanbeveel dat testamente ten minste elke 2 jaar hersien word. Dit is egter ook belangrik om die hersiening van u testament met gebeurtenisse soos bv. ‘n huwelik, ‘n geboorte, ‘n egskeiding of die aankoop van eiendom te oorweeg.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van die artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde raad. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X