Spaarfondse voordele

What is an audit certificate?
August 28, 2019
The Different VAT Supplies
September 25, 2019
Die drie spaarfondse wat voordeel inhou vir ‘n individu met aftrede, is ‘n pensioenfonds, uittree-annuïteitsfonds, en ‘n voorsorgfonds.

Vanaf 1 Maart 2016 geld die volgende:

  • Bydraes wat deur werkgewers aan bogenoemde aftree-fondse gelewer is word belas in die hande van die werknemer as ‘n byvoordeel;
  • Die volle bydrae van die werkgewer kan deur die werkgewer afgetrek word; en
  • Belastingaftrekkings vir “bydraes gemaak” is beperk tot R350 000; of die grootste van 27.5% van vergoeding of  belasbare inkomste (insluitend belasbare kapitaalwins). Dus die maksimum bedrag wat jaarliks afgetrek kan word vir belastingdoeleindes is R350 000.
Bydraes wat die maksimum aftrekking van R 350 000 (beperk tot werklike bydraes gemaak) oorskry, word oorgedra na die volgende jaar en is dan onderhewig aan daardie jaar se perke.

Surplus bydraes aan pensioenfondse en uittree-annuïteitsfondse wat voor 1 Maart 2016 gelewer is het oorgedra, maar nie op bydraes tot voorsorgfondse wat voor 1 Maart 2016 gelewer is nie. Slegs bydraes wat aan voorsorgfondse gelewer is na 1 Maart 2016 en die perk oorskry, is oorgedra.

Bydraes wat nie as aftrekkings gebruik is wanneer ‘n individu ‘n fonds verlaat nie, kan verreken word teen die belastingpligtige se aftreevoordele by aftrede. Dit sal wel eers teen die enkelbedrag en daarna teen die annuïteitsinkomste verreken word.

Werkgewers kan die belastingaftrekking in berekening bring wanneer werknemers se maandelikse inkomstebelasting bereken word. Die maksimum bedrag wat afgetrek word per maand kan nie R29 167 oorskry nie aangesien dit gelykstaande is aan die maksimum bedrag van R350 000 wanneer dit oor 12 maande versprei is.

Hierdie artikel is ’n algemene inligtingsblad en moenie as wettige of ander professionele advies gebruik of aangewend word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings, of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak altyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Behoudens foute en weglatings (BFW)
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X