Addisionele mediese korting vir ’n individu: Wanneer kan ek mediese uitgawes uit die sak betaal as ’n eis indien?

VAT Increase and Accounting Systems
March 29, 2018
Cryptocurrency
May 29, 2018

Addisioneel tot die Artikel 6A mediese belastingkrediet is daar ook krediet beskikbaar vir individue (belastingpligtiges) wat mediese uitgawes self uit die sak uit betaal in terme van Artikel 6B van die Inkomstebelastingwet.

Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet kan deur die belastingpligtige geëis word vir  kwalifiserende mediese uitgawes aangengaan vir homself asook sy afhanklikes.

Volgens Artikel 6B(1) sluit “afhanklike” die volgende in:

  • Gade of lewensmaat van die belastingpligtige;
  • Belastingpligtige se kind, asook kind van gade;
  • Enige ander lid van die belastingpligtige se familie waarvoor die belastingpligtige aanspreeklik is vir die ondersteuning of familieversorging; en
  • Enige ander persoon waar die mediese skema se reëls ’n afhanklike erken.

Kwalifiserende mediese uitgawes sluit in:

  • Dokters, tandartse, fisioterapeute, oogkundiges en verkseie ander mediese praktisyn;
  • Geregistreede hospitale, of tuisverpleging deur ’n gekwalifiseerde verpleegkundige;
  • Voorgekrewe medisyne (“Oor-die-toonbank-medisyne” kwalifseer slegs indien dit deur ’n geregistreerde mediese praktisyn voorgeskryf is.);
  • Bogenoemde uitgawes aangegaan in die buiteland; en
  • Uitgawes soos voorgeskryf deur die Kommissaris noodsaaklikerwys aangegaan en betaal met betrekking tot liggaamlike gestremdheid of ongeskiktheid.

Vir die uitgawes om te kwalifiseer vir die addissionele mediese uitgawes belastingkrediet moes dit werkilk deur die belastingpligtige in die jaar van aanslag betaal word en nie verhaalbaar gewees het deur ’n mediese fonds of ’n gapingsdekkingplan nie.

Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet word op spesifieke formules bereken soos uiteengesit in Artikel 6B. Belastingpligtiges 65 jaar en ouer, asook belastingpligtiges met ’n gestremdeheid, of gade, of kind met gestremdheid kan die meeste voordeel uit Artikel 6B benut.

Hierdie artikel is algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X