10 Wenke hoe om uitgawes dop te hou

Minutes of board meetings
March 23, 2016
Financial assistance by companies to issue shares
March 23, 2016

A3_1Hou jy behoorlik boek van jou klein onderneming se besigheidsuitgawes (operasionele koste)? Dit sal onnodige koste besnoei en jou meer voorbereid vir belastingtyd maak as jy jou uitgawes gereeld aanteken en aanpassings maak.

 
Probeer hierdie wenke om jou besigheidsuitgawes beter te bestuur:

  1. Gebruik sagteware.Rekeningkundige sagteware soos Quickbooks en sigblaaie van MS Office maak bestuur van uitgawes makliker. Kies dieselfde program as jou boekhouer of ‘n versoenbare een; sodoende kan jy inligting direk na jou belastingopgawe oordra.
  1. Wees gereed vir belastingtyd.Wees noukeurig wanneer jy aftrekbare uitgawes soos voertuiggebruik vir besigheidsdoeleindes, reis- en onthaalkoste, voorraad en toerusting, en bydraes aan verenigings en liefdadigheidsorganisasies aanteken. Die SAID-webtuiste voorsien  details oor hierdie uitgawes.
  1. Hou persoonlike en besigheidsrekeninge apart.Moenie persoonlike kontant, kredietkaarte of tjeks vir besigheidsuitgawes aanwend nie. Maak seker jy debiteer die korrekte rekening wanneer jy jouself of werknemers vergoed, om verwarring en navrae van SAID te vermy.
  1. Stadig met die kontant.Betalings uit die kleinkas moet beperk word – skep eerder ‘n kleinkas-rekening in jou boekhouding om effektief hiervan boek te hou.
  1. Bewaar alle kwitansies.In geval van ‘n oudit gaan jy alle kwitansies benodig om jou eise te staaf. Skryf dus die doel van die uitgawe op elke kwitansie, en neem foto’s daarvan of skandeer dit in die rekenaar in om bergplek te spaar en moeite te verminder.
  1. Teken inligting dadelik aan.Teken uitgawes dadelik aan sodat dit nie ophoop nie en jy in beheer van die boekhouding bly.
  1. Gee jouself krediet.Kredietkaarte maak dit makliker om tred te hou met jou besigheidsuitgawes, aangesien die state besonderhede van jou uitgawes volledig uiteensit. Kredietkaarte is ook veiliger en geriefliker om te gebruik as kontant.
  1. Gebruik tegnologie. Sekere draagbare toepassings stel jou in staat om jou uitgawes dop te hou en na die korrekte kliënt of rekening te allokeer. Kry produkte wat versoenbaar is met jou bestaande rekeningkundige sagteware.
  1. Monitor resultate.Skep weeklikse en maandelikse terugvoering met jou rekeningkundige sagteware om jou inkomste en uitgawe te monitor. Gebruik ‘n maandelikse, kwartaallikse en jaarlikse begroting gebaseer op spandering in die verlede om jou uitgawes met jou begroting te laat klop.
  1. Sny oortollige uitgawes.Spandeer jy meer as wat jou begroting toelaat? Wil jy ‘n groter wins maak? Analiseer jou uitgawes en begin deur die onnodige uitgawes te sny.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van die artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde raad. (E&OE)

 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X