SAID BTW-ondersoeke en oudits

SAID volmag: Wat jou belastingpraktisyn wetlik namens jou mag doen
September 18, 2015
Taxation of trusts
October 27, 2015

_newDit is deesdae ‘n algemene verskynsel vir ondernemers om ‘n kennisgewing vir ‘n BTW-ondersoek vanaf die SAID te ontvang, wat die ondernemer versoek om binne 21 dae ondersteunende dokumentasie ten opsigte van ‘n spesifieke BTW201 opgawe te voorsien. Indien die ondernemer versuim om hierdie dokumentasie in te dien, kan die SAID ‘n addisionele aanslag uitreik waarin die totale insetbelasting geëis vir daardie periode nie toegestaan sal word nie. Die ondernemer moet dan beswaar aanteken teen daardie addisionele aanslag en alle dokumentasie ter stawing van die insetbelasting geëis, indien.

Wanneer ‘n BTW-opgawe ingedien word, word dit onderwerp aan ‘n reeks risikofaktore wat vooraf opgestel is op die SAID se gerekenariseerde stelsel. Indien sekere parameters volgens hierdie stelsel oorskry word, sal die stelsel outomaties ‘n kennisgewing vir ondersoek aan die betrokke BTW-ondernemer uitreik. Geen historiese profiel van die ondernemer word op hierdie stelsel opgebou nie, en is daar geen beperking op die aantal kennisgewings wat uitgereik kan word nie. Die SAID kan vir elke BTW-periode ‘n kennisgewing uitreik, selfs periodes waarin die ondernemer wel ‘n betaling aan die SAID gemaak het.

Gedurende Desember 2011 het die SAID verskeie beperkte-omvang oudit aanstellings-briewe uitgereik aan groot maatskappye, meer spesifiek maatskappye in die konstruksie-bedryf. Die inligting wat versoek is deur die SAID moes binne 21 dae vanaf die datum van die aanstellingsbrief voorsien word, en die datums van die briewe was gedateer tussen 12 en 20 Desember 2011. Verskeie van die maatskappye was reeds gesluit vir die Desember- vakansie, en het min of geen personeel beskikbaar gehad nie. Ongelukkig is daar geen beperkings in die wetgewing in hierdie verband nie, behalwe dat die kennistydperk redelik moet wees. Die aanstellingsbriewe het veral gefokus op:

  • die korrekte BTW-hantering van skadeloosstellingsbetalings ontvang;
  • slegte skulde verhaal;
  • krediteure ouer as 12 maande op wie se aankope ‘n BTW-inset geëis is;
  • die verkoop van vaste bates;
  • inset BTW geëis op uitgawes wat verband hou met “motorvoertuie” en “onthaal”; en
  • BTW-inset geëis op lewerings wat “finansiële dienste”, soos omskryf, uitgemaak het.

Ongeag die voorsorgmaatreëls in plek gestel deur ondernemers om die korrekte hantering van BTW-eise te verseker, kan foute steeds gemaak word. Basiese foute gemaak deur ondernemers sluit in die eis van ‘n BTW-insetbelasting op die gebruik van ‘n huurmotor tydens besigheidsreise. Geen BTW-inset mag geëis word wanneer hierdie huurmotor ‘n “motor” soos omskryf, uitmaak nie. Jaareindfunksies en verversings vir personeel word omskryf as “onthaal” en geen BTW-inset mag geëis word op hierdie uitgawes nie. Dit is slegs wanneer hierdie aankope gebruik of aangewend word om belasbare lewerings te maak dat ‘n geldige BTW-inset geëis mag word.

  • Onder andere fokus die SAID op die korrekte BTW-hantering van die volgende tydens die uitvoer van ‘n oudit:
  • geldigheid van BTW-fakture uitgereik en ontvang;
  • nulkoers verkope;
  • werknemer byvoordele soos gedefinieer in die Sewende Bylae van die Inkomstebelastingwet;
  • versekeringseise ontvang; en
  • verkope van kapitale items.

Dit is baie belangrik dat die personeel verantwoordelik vir die opskryf van die rekening-kundige rekords voldoende opleiding en kennis het in hierdie verband, en behoorlike kontroles moet in plek gestel word om hierdie foute te voorkom.

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies. (E&OE)

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X