SAID volmag: Wat jou belastingpraktisyn wetlik namens jou mag doen

Byvoordele en inkomstebelasting: Kan werknemers steeds Finansiële voordeel uit byvoordele trek?
September 18, 2015
SAID BTW-ondersoeke en oudits
October 27, 2015

A1‘n Belastingbetaler of verteenwoordiger van ‘n belastingbetaler moet aan ‘n belastingpraktisyn volmag verleen voordat die belastingpraktisyn wetlik na die belastingbetaler se belastingsake mag omsien.

‘n “Spesiale Volmag aan die Belastingpraktisyn” (hierna “volmag”) moet voltooi en onderteken word deur die belastingbetaler of verteenwoordiger van die belastingbetaler namens ‘n entiteit.

‘n Volmag moet minstens die volgende inligting bevat:

a. Volle name en identiteitsnommer of paspoortnommer van die belastingbetaler of verteenwoordiger van die belastingbetaler.

b. Naam van die belastingpraktisynsfirma.

c. Die naam en identiteitsnommer of paspoortnommer van die belastingpraktisyn.

d. ‘n Aanduiding van die kapasiteit waarin die belastingbetaler volmag aan die prokureur verleen:

1. Of die volmag deur die belastingbetaler in sy of haar persoonlike hoedanigheid toegestaan word, of

2. Indien die volmag deur ‘n verteenwoordiger van die belastingbetaler namens ‘n entiteit toegestaan word, word die entiteit se naam vereis.

e. ‘n Aanduiding van watter van die volgende take die belastingpraktisyn mag uitvoer in terme van die volmag:

1.  Aansoek doen vir registrasie by die SAID en ‘n belastingbetalersverwysingsnommer vir belasting verkry soos gespesifiseer in die volmag;

2. Die SAID inlig van veranderings in geregistreerde besonderhede (uitsluitend bankdetails);

3. Belastingvrystellingsertifikate aanvra;

4. Uitstaande belastingvrystellingsertifikate opvolg;

5. Belastingopgawes voltooi;

6. Belastingopgawes by die SAID indien;

7. Met die SAID kommunikeer;

8. Relevante materiaal, bv. ondersteunende dokumente by die SAID indien;

9. Rekening- of nakomingskwessies rakende belastingtydperke oplos soos gespesifiseer in die volmag;

10. Teken beswaar aan teen ‘n belasting-aanslag van die SAID;

11. Volg ‘n beswaar rakende ‘n belasting-aanslag van die SAID op;

12. Teken beswaar aan teen ‘n besluit van die SAID;

13. Volg ‘n beswaar rakende ‘n besluit van die SAID op;

14. Teken appèl aan teen ‘n aanslag van die SAID;

15. Volg ‘n appèl rakende ‘n aanslag van die SAID op;

16. Teken appèl rakende ‘n besluit van die SAID aan;

17. Volg ‘n appèl rakende ‘n besluit van die SAID op;

18. Doen aansoek om deregistrasie van sekere soorte belasting soos gespesifiseer in die volmag.

f. ‘n Aanduiding deur die belastingbetaler of verteenwoordiger van die belastingbetaler dat take wat aan die belastingpraktisyn gedelegeer is, uitgevoer mag word deur ‘n persoon onder direkte toesig van die belastingpraktisyn.

g. Bevestiging deur die belastingbetaler dat enige aksie deur die belastingpraktisyn of ‘n persoon onder direkte toesig van die belastingpraktisyn in terme van die volmag, beskou sal word as uitgevoer deur die belastingbetaler self.

h. ‘n Onderneming deur die belastingbetaler om enige aksie wat in terme van die volmag uitgevoer is, soos in die paragraaf hierbo uiteengesit, te bekragtig.

i. Die tydperk waarvoor die volmag geldig sal wees.

j. Aanduiding van die plek en datum waarop die volmag onderteken is.

k. Handtekening van die belastingbetaler/verteenwoordiger van die belastingbetaler.

l. Handtekeninge en volle name van twee getuies.

Selfs indien die belastingbetaler of verteenwoordiger van die belastingbetaler die belastingpraktisyn daartoe sou magtig, mag die belastingpraktisyn nie die volgende take verrig nie:

a. Die bankbesonderhede van ‘n belastingbetaler verander, behalwe in sekere uitsonderlike omstandighede soos deur die SAID gespesifiseer. Kontak u belastingpraktisyn vir meer inligting.

b. Geld in kontant of andersins ontvang namens ‘n belastingbetaler.

Alle belastingpraktisyns moet volgens wet as sulks by die SAID en ‘n erkende beheerliggaam registreer. Belastingbetalers kan bevestig of ‘n belastingpraktisyn geregistreer is soos vereis deur die SAID se webtuiste te besoek.

Dit is so dat die volmag wat deur die SAID vereis word ‘n addisionele las op belastingbetalers, verteenwoordigers van belastingbetalers en belastingpraktisyns plaas. ‘n Volmag wat goed geformuleer is, beskerm egter alle betrokke partye deur elke party se regte, verpligtinge en verwagtinge formeel aan te teken.

Verwysingslys:

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X