Byvoordele en inkomstebelasting: Kan werknemers steeds Finansiële voordeel uit byvoordele trek?

Vat: The difference between standard-rated, zero-rated and exempt supplies
September 18, 2015
SAID volmag: Wat jou belastingpraktisyn wetlik namens jou mag doen
September 18, 2015

A2In die verlede was daar besliste finansiële voordele verbonde aan sekere byvoordele wat deur ‘n werkgewer aan werknemers toegestaan is. Daar was egter ook heelwat skuiwergate wat deur sommige belastingbetalers misbruik is. Gevolglik het die SAID kragtig opgetree teen belastinghantering van byvoordele deur die Belastingwette te verander en die skuiwergate te verwyder.

SAID het begin om die kontantwaarde van byvoordele te belas. Die kontantwaarde van ‘n byvoordeel is ekwivalent aan die koste van die byvoordeel vir die werkgewer. As die waarde van die bate met tyd verminder, sal die kontantwaarde heroorweeg moet word, anders sal die werknemer te veel belasting  betaal.

Die volgende byvoordele wat deur ‘n werkgewer aan ‘n werknemer toegestaan word, is belasbaar in die hande van die werknemer teen die kontantwaarde soos hieronder uiteengesit:

  • Privaatgebruik van ‘n selfoon of rekenaartoerusting, behalwe as die privaatgebruik van die bate bykomstig is tot die besigheidsgebruik daarvan en die werknemer die bate meer as 50% vir die werkgewer se besigheid aanwend.

Die onus om te bewys dat dit nodig was om die bate buite die werkplek van die werknemer te gebruik en dat dit hoofsaaklik vir besigheidsdoeleindes was, berus by die werkgewer en werknemer.

  • Maatskappymotor:

Die kontantwaarde van die maatskappymotorbyvoordeel sal bereken word op die oorspronklike koste van die voertuig vir die werkgewer.

Daar is spesiale belastingoorwegings wat in aanmerking geneem moet word in die volgende omstandighede:

  1. ‘n Voertuig wat nie deur die werkgewer verkry is in ‘n verkoop- of ruiltransaksie nie;
  2. Instandhoudingsplanne;
  3. Werknemer dra by tot die koste van die voertuig;
  4. Werknemer gebruik die voertuig vir ‘n tydperk korter as ‘n maand;
  5. Daar word gereeld van die werknemer verwag om die voertuig te gebruik in die uitvoer van sy/haar pligte buite normale werksure.
  • Gratis oordrag van ‘n bate aan ‘n werknemer of oordrag van ‘n bate teen minder as die werklike waarde:

Die kontantwaarde van die byvoordeel sal die waarde van die bate wees minus enige vergoeding wat deur die werknemer betaal word.

  • Lae rente of rentevrye lenings:

Die byvoordeel sal ‘n kontantwaarde hê van rente wat teen die SAID se amptelike belastingkoers  bereken word en verminder word deur enige rente wat deur die werknemer betaal is.

  • Subsidies rakende lenings:

Die kontantwaarde sal ekwivalent wees aan die koste van die subsidie vir die werkgewer rakende enige rente en/of kapitale terugbetalings.

  • Werkgewersubsidies vir pensioenfondse, voorsorgfondse, ens.:

Die kontantwaarde sal die bedrag van die subsidie wees wat deur die werkgewer betaal word.

  • Werkgewersbydaes tot versekeringspolisse waar die werknemer of ‘n familielid van die werknemer deur die polis bevoordeel sal word:

Die kontantwaarde sal ekwivalent wees aan die bedrag van die premies wat deur die werkgewer betaal word.

  • Mediese fonds-bydraes betaal namens die werknemer:

Die kontantwaarde is ekwivalent aan die bedrag wat deur die werkgewer betaal word.

  • Betaling of terugbetaling van mediese uitgawes wat deur die werknemer of sy onmiddellike familielede aangegaan is:

Die kontantwaarde is ekwivalent aan die koste vir die werkgewer.

  • Skuld wat namens ‘n werknemer betaal is of die kwytskelding van ‘n werknemer se verpligting om skuld te betaal:

Die kontantwaarde is ekwivalent aan die bedrag wat deur die werkgewer betaal is of die bedrag skuld waarvan die werknemer kwytgeskeld is.

Daar is ‘n aantal uitsonderings waar geen waarde op die betaling of die kwytskelding geplaas sal word nie. Kontak asseblief u belastingpraktisyn vir meer inligting.

  • Gratis of goedkoop dienste:

Die kontantwaarde sal bereken word as die koste van die diens vir die werkgewer, minus enige bedrag wat deur die werknemer betaal is.

  • Gratis etes, verversings of ete-koepons:

Die kontantwaarde van hierdie voordeel sal ekwivalent aan die koste vir die werkgewer wees minus enige bedrag wat deur die werknemer betaal is.

Dit is belangrik om te verseker dat ‘n werknemer belas word op die korrekte bedrag vir ‘n byvoordeel. Om ‘n werknemer te belas op ‘n bedrag hoër as die kontantwaarde van ‘n byvoordeel sal daartoe lei dat die werknemer te veel belasting betaal. Om die werknemer te belas op ‘n bedrag laer as die kontantwaarde, met ander woorde om te min Werknemersbelasting af te trek, sal beteken dat die werkgewer aanspreeklik word vir boetes deur die SAID.

Soos uit bogenoemde gesien kan word, sal ‘n werknemer belas word op sy/haar koste vir die werkgewer en dit is besig om irrelevant te raak of ‘n werknemer se pakket op ‘n sekere manier gestruktureer is om inkomstebelasting te verminder.

As u enige verdere inligting oor hierdie onderwerp benodig, voel vry om ons te kontak vir professionele raad en advies.

Verwysingslys:

Hierdie artikel bevat slegs algemene inligting en moenie gebruik of beskou word as professionele raad nie. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade weens vertroue op hierdie inligting nie. Raadpleeg altyd u finansiële raadgewer vir spesifieke  en gedetailleerde advies.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X